Monday, June 4, 2007

Kultuur

Kultuur

Deur kulturele aktiwiteite vir ons leerders te beplan word sosiale en interaktiewe vaardighede ontwikkel en toegepas. Leerders word ook die geleentheid gebied om kulturele kennis en tegnieke te ontwikkel, te verstaan en deel van hulle lewenswêreld te maak. Leerders kry geleentheid om betrokke te raak en krities na te dink oor verskeie vorme van kuns en kultuur.

Mnr. en Mej. Monnie 2007

Wat is dit?

Die Mnr & Mej Monnie 2007 beloof om hierdie jaar weer ‘n ware skouspel te wees! Tydens hierdie geleentheid word daar ‘n junior sowel as senior Mnr & Mej Monnie aangewys – ‘n Monnie wat ten beste die beeld van ‘n Blinkoog Monnie voorhou.

Hoe werk dit?

Alle leerders van graad 1-7 kry die geleentheid om hulself in te skryf. Name verskyn op ‘n stembrief. Aangesien ons wil verhoed dat hierdie fantastiese geleentheid in ‘n skoonheidskompetisie ontaard, is dit die personeel wat stem. Leerders ontvang ‘n punt uit 10 vir afdelings soos hulpvaardigheid, vriendelikheid, hoflikheid ens. Die 4 leerders (2 seuns/2 dogters) met die hoogste punt uit elke graad is dan die finaliste.

Wat van pryse?

Finaliste ontvang elkeen ‘n borgvorm en is verantwoordelik om ten minste 1 prys te werf. Die pryse word verdeel, sodat elke finalis pryse ontvang en nie slegs die wenners. In die verlede het die pryse onder meer teddiebere, geskenkbewyse, lekkers, boeke en kontant ingesluit.

Hoe lyk die mnr. en mej. Monnie geleentheid?

Die finaliste kry elk drie loopbeurte :
1 – ontspanningsdrag : finaliste kry die geleentheid om hulself aan die gehoor en die beoordelaars bekend te stel

2 – volgens tema : jaarliks kies ons ‘n tema vir die aand. Tydens die tweede loopbeurt kry finaliste die geleentheid om hulle interpretasie van die tema te wys. Vorige temas het onder meer “A Night at the Movies” en “80 Days around the World” ingesluit.

3- formele drag : netjiese formele drag gee die finaliste die geleentheid om ‘n bietjie te spog en hulle voel baie spesiaal!

Wanneer vind dit plaas?

Daar is nog nie op ‘n datum vir 2007 besluit nie – so hou die webblad dop!

Wie is die kontakpersoon?

Die Mnr & Mej Monnie aand word vir die 6de agtereenvolgende jaar deur Mev. Anet Burns georganiseer.

Kontak haar gerus :
(012)460-6607
084 587 0951 / anetburns@hotmail.com

Monnies- Kontreifees - 2007

Feesdatum: Saterdag 25 Augustus 2007

Samestelling van fees


Die beheerliggaam bied saam met die Laerskool en in samewerking met Monnies Graad R (Hannelie Jansen) ‘n kontreifees aan. Die idée is dat ouers, onderwysers, leerders en ook persone van buite sal deel in die kuierfees.

Projekbeplanning tot dusver


Elke graadgroep verteenwoordig ‘n streek. Streekname is in ‘n hoed gegooi en lootjies is deur die onderwysers getrek, om te bepaal watter streek elke graad verteenwoordig . Daar is 8 streke uitgelê vir graad R en 1-7 en dit blyk soos volg te wees.

Die volgende streke is verteenwoorg elke graad:

· Weskus Graad R

· Bloubulstreek Graad 1

· Townships Graad 2

· Kalahari Graad 3

· Maleis Graad 4

· Bosveld Graad 5

· Duitswes Graad 6

· Durban se Indiese kos Graad 7

Gaskunstenaars

Daar sal twee gaskunstenaars tydens die fees optree. Meer inligting oor hulle volg later.

Hou hierdie blad dop vir meer inligting oor die fees.